
=====================================================================
Daar is 'n tyd vir gaan  (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Daar is 'n tyd vir gaan 

---------------------------------------------------------------------

In die proses van transformasie van die Stigting vir Afrikaans na die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans is die aspek eksterne 
kommunikasie herontwerp. Uit strategiese oorwegings is dit belangrik dat 'n bemagtigingskomponent betrek word by die kommunikasie, sowel as 
dat die mediasinergie beter benut word.

Uit die organogram op bladsy 2 blyk dus dat nie met die publikasie van Afrikaans Vandag voortgegaan word nie. Hierdie uitgawe is die laaste 
nommer wat sal verskyn. 'n Versoek om 'n dikker uitgawe as 'n gebaar van dank aan donateurs wat gereken het op vier uitgawes vanjaar, is 
toegestaan.

Ek bedank die Stigting vir Afrikaans van harte vir die verrykende geleentheid om van 1994 die redakteurskap van Afrikaans Vandag te kon 
behartig. Die blad is in 1993 gevestig deur mnr. Andrew Marais, wat toe die waarnemende direkteur van die SvA was.

Die blad het sonder reklame gegroei. Belangstelling vir Afrikaans is by en vir sy bre spektrum van sprekers en vir die werk van die 
Stigting geprikkel. Afrikaans Vandag se geloofwaardigheid het daarin gel dat 'n forum geskep is vir alle redelike menings oor die 
gebruikers van Afrikaans en hul taalsituasie, al het die SvA hom nie noodwendig met di menings vereenselwig nie.

Mettertyd is die blad se inhoud op 'n webwerf: Afrikaans  die vriendelike taal (http://www.afrikaans.com) vir besoekers van oraloor in die 
kuberruimte gehuisves. Dit het tot talle navrae gelei en het blywende vriende gewerf.

Ek s dankie aan die L.W. Hiemstra Trust vir sy borgskappe van Afrikaans Vandag.

Ek s dankie aan die lang lys gul donateurs. Hulle sluit in Afrikaanssprekendes wat 'n tuiste in die buiteland gevind het, getroue 
taalliefhebbers in ons land, gemeenskapsorganisasies en pensioenarisse wat uit 'n beperkte pensioen 'n bydrae afgeknyp het om die vier 
uitgawes per jaar gereeld te kan ontvang. Die briewe wat dikwels 'n geldbydrae vergesel het, was 'n aanmoediging wat opreg gewaardeer is. 
Hegte bande is gesmee.

Ek s dankie aan die lang lys medewerkers oor die jare. Daar was diegene wat hul seer uitgespreek het oor Afrikaanssprekendes se 
ongevoeligheid in die apartheidsjare  soms rou verwoord soos deur 'n Antjie Krog, Vernon February, Hein Willemse, Robert Pearce, Abraham 
Phillips, A.H.M. Scholtz, E.K.M. Dido, S.P. Benjamin, Joseph Daniel Marble en Ingrid Geldenhuys; daar was klein odes oor taalvreugde, 
inligtingsartikels oor taalgebiede soos die onderwys, die kunste en die verskeidenheid tongvalle van Afrikaans (George Weideman oor Nama, 
Adam Small en Peter Snyders oor Kaaps); daar was raad oor allerlei taalverwante aspekte en vars kreatiewe stukkies om te toon hoe op alle 
vlakke van die taalgemeenskap in Afrikaans geskep kan word.

Ek s dankie aan Cora Coetzee, wie se sensitiewe illustrasies die essensie van 'n artikel kon raakvat, wat saam met my Afrikat as pretmaker 
geskep het, en wat toe aan di kalant stylvol lyf gegee het. Dankie aan Philip de Vos vir sy rympies ter afleiding  soms skreeusnaaks, 
soms wrang-snaaks. Dankie ook aan Piet Grobler en Fred Mouton, wie se tekeninge aan twee afsonderlike uitgawes fleur verleen het.

Ek s dankie aan Mar Mouton, wat die eerste uitgawes se uitleg versorg het, en aan Alida Kannemeyer, wat etlike jare lank met my skouer 
aan skouer voor die rekenaar die netelige inpas op bladsye behartig het. 'n Besondere dankie aan Jenny Scholtz, wat moedig n blymoedig met 
die moeilike adreslyste gestoei het, en Abduragman Koopman, wat sorgsaam die blaadjies een vir een in koeverte geplaas en versend het.

Ek s dankie aan die twee taalkontroleerders, wat ek weet anoniem wil bly. Hulle het mekaar oor die tydperk van publikasie opgevolg. Sonder 
hulle sou Afrikaans Vandag veel meer gebreke gehad het en ek voelbaar minder steun.

Ek s dankie aan die spontane briefskrywers vir hul betrokkenheid, aan dosente en onderwysers, die ma's van skoliere, leerders, studente en 
joernaliste wat ruim gebruik gemaak het van artikels in Afrikaans Vandag vir take, navorsing, toesprake en artikels.

Ek s dankie aan die hoopvolle bydraers van verhale en gedigte wat helaas nie gepubliseer is nie. Die rede was nie gebrek aan meriete nie, 
maar aan ruimte.

Ek s dankie aan dosente van Afrikaans en hul studente in die vreemde vir hul geesdrif oor Afrikaans Vandag as hulpmiddel en as 
skarnierpunt.

Ek s dankie aan die Afrikaanse dagblaaie, die buitelandse tydskrifte en gemeenskapsblaaie wat gereeld van Afrikaans Vandag se artikels 
oorgeneem het en aan die gemeenskapsradiosenders wat van hulle voorgelees het.

Pas het die Gauteng Instituut vir Kurrikulum Ontwikkeling weer verlof gevra om die artikel van Gertjie Billy Hendricks, wat in Afrikaans 
Vandag van Maart 1997 verskyn het, in hul leerprogramme te gebruik. Hierin vertel die jong bruin skrywer dat jy "nooit jou droom moet laat 
vaar nie". Di artikel het die aandag van die uitgewer Heinemann getrek, wat daarna Gertjie se geskrifte uitgegee het.

Opregte dank aan die tydskrif Onze Taal, wat uit sy eie 'n inligtingstuk oor Afrikaans Vandag gepubliseer het. Dit het tot groot 
belangstelling by buitelandse lesers gelei. Daar is die Vlaming wat 25 eksemplare in sy gemeenskap versprei het. Dankie aan die stadsklerk 
van Culemborg in Nederland, wat ook aangebied het om as bekendsteller op te tree.

Ander tye vra ander strategie. Dankie vir die stimulerende, vreugdevolle ervaring wat my samesyn met Afrikaans Vandag was! Anneke van 
Niekerk, uittredende redakteur.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7443.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

